“Die Stem van die Namakwa mense” vier vandag 17 goue jare
Foto: Verskaf Radio Nfm 98.1 embleem

Dit is met groot opgewondenheid en harte vol seëninge, dat die NFM-familie, tesame met haar luisteraars vandag 17 goue bestaansjare vier.

Radio NFM het in 2003 sy frekwensie, 98.1 op die lug gesit, vir sy eie mense en is vandag ‘n instelling in ons kontrei.

Op 23 Mei 2014 het die media-fenomeen die toekenning ontvang vir Beste Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.

Die stasie het oor die jare toekennings soos, die Sanlam plaaslike media, n Silver Arrow asook die Rantho Letsebe Media Achievement toekennings verwerf.

Radio NFM dien ook as ‘n wegspringpunt vir van die land se mees gesogte media persoonlikhede.

In die wintermaande kuier NFM se #SoupDrive-span oral in Namakwaland, om harte warm te maak en hul liefde vir die gemeenskap te wys.

NFM was en is nog altyd ‘n banier van hoop en is daargestel om sy gemeenskap te dien, op te voed, te bemagtig, in te lig en te vermaak.

Here’s to 17 years in the making, with hundreds more to come! 

Happy Birthday NFM!!!

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES