Drie koperdiewe agter tralies
Drie verdagtes is aangekeer met koperkabels met 'n geraamde straatwaarde van sowat R30 000. Fotos: Verskaf.

Drie mans tussen 27 en 43-jaar oud is gearresteer, toe die polisie koperkabels met ‘n straatwarde van sowat R30 000 in hul besit gevind het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien sê lede van die polisie was besig met misdaadvoorkomings-patrollies naby Kuruman en het die verdagtes in die bosse langs die R-380 gemerk.

Van die kabels was reeds verbrand. Die verdagtes sal binnekort voor die plaaslike landdroshof verskyn.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!