Borg NFM Ontbyt
Galeshewe-verkragter kry 10-jaar agter tralies
Illustrasiefoto: Verskaf

Mooketsi Mabesa (29) is vroeër vandeesweek in die Galeshewe-streekhof, tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Hierdie vonnisoplegging het gekom net toe die land 16 dae van geen geweld teen vroue en kinders binnegaan.

“Mabesa is in Februarie op Galeshewe, in die Noord-Kaap, in hegtenis geneem nadat hy die 33-jarige slagoffer en haar vriendin slaapplek aangebied het, na ‘n aandjie uit by ‘n plaaslike taverne.”

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat Mabesa die slagoffer verkrag het, terwyl sy geslaap het.

Die voorval is gevolglik by die polisie aangemeld en Mabesa is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Op Dinsdag 24 November is Mabesa skuldig bevind, gevonnis en ongeskik verklaar, om ‘n vuurwapen te besit.

NFM Nuus het vroeër hierdie week berig oor ‘n 26-jarige man wat ook 10-jaar gevangenisstraf ontvang het.

Die polisie het bevestig dat die 26-jarige glo sy seun met ‘n gordel aangerand en met ‘n ketting gewurg het.

Die oproep vir Noord-Kaapse gemeenskappe, om gevalle van mishandeling teen vroue en kinders aan te meld, word nou beklemtoon nadat die land gister sy 16 dae van aktivisme-veldtog van stapel gestuur het.

Gemeensappe word gemaan om asseblief kinders veilig te hou.

Dier Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *