GALLERY & VIDEO: Concordia vakansie-klub hou leerders besig
Ds. Rynell Cloete met die jeugleiers wat die program aangebied het. Fotos: Jason Milford.

’n Entoesiastiese vakansie-program vir skoolleerders het die jonges besig gehou in opwindende aktiwiteite by die Concordia Calvynse Protestante Kerk.

Plaaslike dominees Rynell Cloete en Christo Present het hierdie program afsonderlik in ander dorpe begin voordat hulle dit hiér geïmplimenteer het.

Die program bestaan uit prettige, praktiese maar ook geestelike aktiwiteite.

Aktiwiteiet soos balskop, voorlesings, dramas en prys en aanbidding word gedoen alles in ’n spesifiekte tema wat die jong leiers vir die program uiteengesit het.

Die drama wat gedoen word is ’n vervolgverhaal wat daagliks afgespeel het in die dag se spesifieke tema.

Daar is ook ’n spesifieke seksietyd uiteengesit in die dag waar die leiers in-diepte praat met die kinders oor die tema om sosiale vaardighede aan die leerders oor te dra.

Peuters en kleuters word besig gehou met kreatiewe inkleur-take.

Die progam sluit af waar leerders op die laaste dag ’n leêr ontvang, in die vorm van ’n werkboek van alles wat hulle gedoen het.

Die volgende borge word bedank vir hul bydraes wat die program moontlik gemaak het: Radio NFM 98.1 vir die klank, Springbok Superspar vir die kruideniersware om etes daagliks aan die leerders te voorsien, die Windplaas vir skryfbehoeftes, sowel as ’n anonieme persoon wat ‘n geldelike donasie gemaak het.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!