Geen Covid-19 gevalle vir Nama-Khoi regsgebied aangemeld
Foto: Verskaf

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand, die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize het geen nuwe gevalle van die virus in die Nama-Khoi regsgebied bevestig nie.

Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op 503 te staan, terwyl 331 pasiƫnte van die koronavirus herstel het.

“Die Nama-Khoi regsgebied het huidiglik 167 aktiewe gevalle van die virus.”

COVID-19 statistiekein die Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat nog 25 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer op 22 796 te staan, terwyl die provinsiale dodetal 301 bereik het.

Tot dusver het 18 761 persone die koronavirus geklop, wat die provinsie laat met 3 732 persone wat steeds COVID-19 onder lede het.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die COVID-19 infeksiesyfer het oornag met 2 888 nuwe gevalle meer geword in Suid-Afrika.

Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 757 144 te staan en die dodetal op 20 556.

Tot dusver het 701 534 Suid-Afrikaners alreeds van die virus herstel.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES