Gewapende misdadigers deur Valke aangekeer
Illustrasie foto: Thomas Tucker on Unsplash

Twee verdagtes van 30 en 42- jaar oud sal na verwagting vandag in die Barkley-Wes landdroshof verskyn vir die beweerde gewapende roof by die Windsorton-polisiekantoor op 2 Oktober.

Vier verdagtes het polisiebeamptes wat aan diens was met twee R5-gewere, vier 9mm pistole en ammunisie aangeval en beroof.

Volgens ‘n woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi het dit later geblyk dat dieselfde groep nog ‘n gewapende roof by ‘n BP-garage onmiddellik daarna in Virginia gepleeg het.

Mnisi het gesê een slagoffer is in dié voorval gewond en verskeie ander mense van hul persoonlike items beroof.

Die twee verdagtes is Woensdag in onderskeidelik die Vrystaat en Gauteng provinsies gearresteer na ‘n intensiewe ondersoek deur die Valke se ernstig-georganiseerde misdaad ondersoekspan.

Die span het daarin geslaag om vier pistole terug te kry – een onwettige handpistool en die drie amptelike vuurwapens.

Die twee het R5-gewere en vermoedelik gesteelde voertuie is ook op beslag gelê.

Mnisi sê ‘n ondersoek na meer verdagtes en uitstaande vuurwapens duur voort.

 

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES