Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Jan Kempdorp-verkragter kry 14-jaar agter tralies
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash.

JAN KEMPDORP – Pieter Arendse (28) is op 25 Augustus 2020, in die Hartswater-streekhof, tot 14-jaar tronkstraf gevonnis vir verkraging.

Op 01 September 2017, was die 13-jarige vroulike slagoffer met haar vriendin oppad na haar grootouers se huis, in die Valspan-area op Jan Kempdorp.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Masahy Gamieldien, sê terwyl die twee maats oppad was na Valspan, is hulle deur Arendse vasgekeer.

Die een dogtertjie het daarin geslaag om te ontsnap.

“Arendse het die slagoffer gegryp – haar geweldadig gedreig, in die veld ingesleep en toe seksueel aangerand.”

Hy is die volgende dag in hegtenis geneem en het in die Hartswater-landdroshof verskyn.

Die beskuldigde was in aanhouding tot sy skuldigbevinding op 17 Julie 2020, in die Hartswater-streekhof.

Hy is op 25 Augustus 2020 tot 14-jaar tronkstraf gevonnis en sy naam is in die Register vir Seksuele Oortreders aangeteken.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES