Kangnas-windkragaanleg begin met kommersiёle bedrywighede
Foto: kangnaswind.co.za

Die Kangnas-windkragaanleg, geleё buite Springbok in die Nama Khoi regsgebied, het onlangs met hul kommersiёle bedrywighede begin.

Hierdie windkragaanleg is die eerste bodfase 4 windkragaanleg in die Noord-Kaap, om as deel van die regering se program vir die verkryging van onafhanklike vervaardigers van hernubare energie, in werking gestel te word.

Dié windkragaanleg sal soveel skoon energie opwek om sowat 154 625 gemiddelde Suid-Afrikaanse huishoudings, van krag te voorsien.

’n Trots Suid-Afrikaanse span het die Kangnas-windkragaanleg gebou en meeste van die arbeidsmag is uit die Nama-Khoi munisipale area verkry.

Foto: Verskaf

Kangnas se Konstruksiebestuurder, Manie Kotzé sê dat hierdie nuwe windkragprojekte gesamentlik sal help, om die land se opwekkingskapasiteit met 1.3 GigaWatt te verbeter.

“Dit kom voordelig in ‘n tyd wanneer meer energie benodig word, om Suid-Afrika tydens die post-COVID-19 era te herbou.”

Baie hoё vlakke van plaaslike inhoud is behaal met industrieneigings asook die departement van energie se vereistes vir plaaslike inhoud.

Die plaaslike inhoud het 45% oorskry, en sluit in plaaslik vervaardigde torings vir die turbines en die projek se mega-transformator, wat ook plaaslik vervaardig is.

Aangesien hierdie items voorheen vanuit oorsese lande ingevoer, het dit gehelp om die vraag na plaaslike vervaardigers te verhoog.

Gemeenskappe wat gedurende die kommersiёle fase direk uit ontwikkelingsprogramme sal baatvind, wat veral daarop gemik is om veerkragtigheid en plaaslike kapasiteit te verbeter is; Springbok, Matjieskloof, Bersig, Okiep, Concordia, Carolusberg, Nababeep.

‘n Langverwagte konstruksiefase, van hierdie ontwikkelingsprogram is alreeds uitgerol.

Kangnas Windplaas het óók studiebeurse aan studente van die plaaslike gemeenskap toegeken en maatskaplike- en COVID-19 verligtingshulp, vroeё-kinderontwikkelingsinisiatiewe befonds en suurstofmasjiene aan ’n plaaslike gesonheidsorgsentrum op Springbok geskenk.

“Soos ons die nuwe fase betree is ons bly om te sien hoe talle van ons ontwikkelingsprogramme reeds ’n verskil gemaak het.”

Hierdie sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogramme sowel as die ontwikkeling van plaaslike ondernemings, bied merkwaardige ondersteuning aan plaaslike gemeenskappe,” sê Kotzé.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES