Borg NFM Ontbyt
Kersfees kom vroeg vir Okiep se Britney Mac Donald
Foto: Verskaf

Die organisasie, ‘SIEMANS GAMESA Renewable Engery’, in samewerking met ‘Step Up Foundation’ , was vandag op Okiep om ‘n splinternuwe rolstoel, rekenaaar en volwasse weggooibare doeke te skenk aan Britney Mac Donald.

Britney is ‘n 15-jarige parapleeg wat oor die jare ‘n baie hegte verhouding gebou het met die plaaslike gemeenskapsradiostasie, NFM.

“‘SIEMANS’ het op die 98.1 klankgolwe na Britney se storie geluister en besluit om haar wenslysie waar te maak.”

Hulle het toe deur ‘Step Up Fondation’ se Earl Richards met NFM kontak gemaak om Britney se drome te kon bewaarheid.

Drie van ‘SIEMANS’ se verteenwoordigers, Molebatsi, verkrygingsbestuurder, Nthabiseng, hul span-assistent en universiteitstudent, het na Okiep kom reis vir die oorhandiging.

Hulle het ook vir Dr. Adriane betrokke gehad, ‘n ortotis van Upington, wat kom seker maak het die rolstoel pas Brittney perfek.

Die rolstoel is amper R100 000 werd en is geborg deur die organisasie, Ortobox.

By die oorhandigingseremonie vroeĆ«r vandag, het ‘SIEMANS’ verteenwoordigers gese dat hulle missie en visie is om terug te gee aan gemeenskappe.

Britney, wat saam met haar ma, suster en oupa woon, se familie was ewig dankbaar vir die geskenke wat ‘SIEMANS’ aan haar kom skenk het.

 

 

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *