Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Kriminele aktiwiteite in Springbok en Port-Nolloth spoeding tot ‘n einde gebring
Foto: Verskaf

Die polisie het Maandag ‘n multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie, genaamd Operasie Eagle Eye II, in die John Taolo Gaetsewe- en Namakwa-distrik uitgevoer.

Die polisie het tydens die operasie verseker dat dwelmhandel gestuit word, in veral kwesbare gemeenskappe.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptien Olebogeng Tawana het bevestig dat die fokus van die Operasie was, om kriminele aktiwiteite, onwettige vuurwapens, dwelms, gesteelde voertuie en onwettige tabakprodukte te elimineer.

Die polisie het inspeksies by verskeie drankwinkels, tavernes en restaurante gedoen, nadat inperkingsregulasies verslap is van Vlak 2.

Die polisie het verskeie persele geïdentifiseer en deursoek waaronder dwelms, groot bedrae kontant wat vermoedelik onwettig gegenereer was, gekonfiskeer is.

Die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Nobandla Bloem het verlede Vrydag, by die groep aangesluit en die polisie toegespreek, voordat hulle hul pligte nagekom het.

Die LUR het deel gevorm van die nakomingsinspeksies en besoeke aan tavernes in die John Taolo Gaetsewe-distrik.

Verskeie huise, vermoedelik ‘misdaadlêplekke’, is terselfdertyd in beide die John Taolo-Gaetsewe- en Namakwa-distrikte deursoek.

Tydens die klopjagte is ‘n ondersoekdossier geopen, nadat onwettige sigarette by een van die persele in die John Taolo Gaetsewe-distrik gevind is.

Tik ter waarde van R25 000, ‘n kontantbedrag van R28 000, wat glo die opbrengs van die verkoop van dwelms is, is deur die polisie gekonfiskeer.

‘n Taverne in die Kuruman-middestad is ook besoek, en die eienaar is ‘n boete van R5 000 opgelê, vir die oortreding van die Rampbestuurregulasies.

Die taverne is onmiddellike gesluit.

Op 30 Augustus, is fase 2 van Operasie Eagle Eye II in die Namakwa-distrik uitgevoer.

“Die polisie het Mandrax-tablette op verskeie persele in die Springbok-omgewing gekonfiskeer.”

Klopjagte is ook by verskeie huise op Port-Nolloth gedoen.

Sakke vol diamantdraende grys is gekonfiskeer, nadat die gevind was in die besit van onwettige diamantmynwerkers.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES