’n 34-Jarige man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Dit volg nadat die lede ‘n wenk van die gemeenskap ontvang het oor ‘n buitelander wat vermoedelik met dwelms in Rosedale te doen het.

“Die lede het Vrydag, 3 September 2022, op die huis van die verdagte toegeslaan en met deursoeking het hulle Tik en Mandrax met ‘n geraamde straatwaarde van R179 000. 00 gevind,” het Sersant Omphile Masegela, polisiewoordvoerder gesê.

Daar is ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant wat vermoedelik die opbrengs van die transaksies is.

Die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu, kolonel Peet Coetzee het die lede se prysenswaardige werk toegejuig. 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *