LUISTER & SIEN GALLERY: Noord-Kaapse departemente krap kop oor mediese verpligtinge
Bykans twee jaar later en die kliniek op Steinkopf is steeds nie ten volle operasioneel nie. Fotos: Jason Milford

Mediese sorg en infrastruktuur bly steeds ’n kolosale uitdaging vir die Steinkopf-, Vioolsdrift en Rooiwal-gemeenskappe.

Na verskeie berigte in die media om dié gemeenskappe se nood aan te spreek, blyk dit dat noodkrete op dowe ore geval het.

Twee persone op Rooiwal is reeds dood aan ’n gebrek aan mediese dienste op die dorp.

Op Vioolsdrift is die kliniek onder erge druk na ’n hoë toename in persone wat mediese sorg soek.

Die Steinkopf gemeenskap sukkel steeds om ’n gehalte mediese diens aan pasiënte te verskaf nadat die kliniek bykans twee jaar gelede afgebrand het.

Intussen het lede van die gemeenskap hand in eie sak gedruk om die kliniek te herstel, maar weens werkloosheid en ander maatskaplike uitdagings, kan inwoners nie aan die kliniek se konstruksie-behoeftes voorsien nie.

Radio NFM Nuus het verskeie navrae aan die departemente gesondheid en openbare werke gerig, maar vir etlike maande is geen terugvoering ontvang oor wie die verantwoordelikheid dra nie.

Gemeenskapsleier, Gaob Paul Swartbooi sê mediese personeel op Steinkopf het intussen ’n deel van die kliniek operasioneel gemaak om vanuit te werk.

Hy sê egter dat daar nog vele uitdagings is en dat bloeddruk-masjinerie nog nie gebruik kan word nie weens die gebrek aan kragtoevoer na muurproppe.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!