Man in rivier dood gevind
Peter Aubrey Kroutz. Foto: Verskaf

’n 61-Jarige man wat op Oujaarsdag op Upington as vermis aangemeld is, is dood gevind.

’n Polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê Peter Aubrey Kroutz se lyk is uit ’n rivier verwyder.

Die polisie op Upington het egter vroeër die hulp van die gemeenskap versoek om Kroutz op te spoor nadat hy glo net verdwyn het.

“Hy was oorspronklik van De Aar en het blykbaar by familie in Stasiekamp tuis gegaan tydens die vakansie.”

Luidens die polisie se verklaring was Kroutz laas op die huis se voorstoep gesien voor sy raaiselagtige verdwyning.

Ramatseba het gesê ’n geregtelike doodsondersoek sal geregistreer word om die oorsaak van sy dood te ondersoek.

Enigiemand met enige inligting kan die ondersoekbeamptes kontak by: 076 013 5487 of 054 337 3400.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!