Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man kry 22-jaar agter tralies vir verkragting
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Kabelo Kaotsane (34) is op Dinsdag, 1 September, in die Kuruman-streekhof, tot 22-jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Die voorval het op 16 Desember 2016 plaasgevind, toe die destydse 15-jarige vroulike slagoffer, van Slough Village, Loopeng op Tsineng, saam met vriende na die verdagte se huis gegaan het.

Ondersoeke het aan die lig gebring dat die slagoffer en haar vriende na die Kaotsane se woning gegaan het, vir haarsny-doeleindes.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Kolonel Masahy Gamieldien, het bevestig dat die vriende toe vertrek het en die slagoffer vir hulle gesê dat Kaotsane haar huis toe sal vergesel.

“Koatsane het toe die slagoffer se hare gesny, haar skielik verwurg, op die bed gedwing en verkrag.”

Die slagoffer het daarin geslaag om te ontsnap, nadat die verdagte aan die slaap geraak het en sy het die saak by die polisie aangemeld.

Die polisie kon die verkragter dieselfde dag in hegtenis neem en hy het sy eerste hofverskyning in die Mothibistad-landdroshof gemaak.

Hy is op Lentedag vandeesweek tronk toe gestuur, waar hy 22-jaar sal deurbring.

Hy is verder ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is in die Seksuele Misdryweregister geregistreer.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES