Borg NFM Ontbyt
Minister Mkhize dankbaar vir landsburgers se ondersteuning
Foto: Verskaf

Die land se Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister op sy Twitter-profiel, alle Suid-Afrikaners bedank vir hul voortslepende ondersteuning en gebede.

Mkhize en sy vrou, Dr. May Mkhize, het op Sondag, 18 Oktober in ‘n amptelike verklaring bevestig, dat hulle albei COVID-19 opgedoen het.

Mkhize en sy vrou is beide in isolasie geplaas, om die verdere verspreiding van die koronavirus te voorkom.

Mkhize se Twitter-profiel is oorlaai met inligting en statistieke oor die nuwe koronavirus.

“Ek wil van die geleentheid gebruik maak, om al die wense wat ek en my vrou van u, my mede-Suid-Afrikaners, kollegas en vriende van regoor die wêreld ontvang het, te waardeer.

Aangesien ons voortgaan om die ontwikkeling van ‘n entstof te monitor, is ons sosiale gedrag en ons konstante nakoming van gesondheidsprotokolle, die enigste wapen wat ons as land het.

Almal van ons moet hierdie verantwoordelikheid aanvaar en diegene rondom ons altyd aanmoedig.

“Dit is dieselfde gees wat ons moet hê om alle ander sosiale en gesondheidsongesteldhede wat ons samelewing in die gesig staar, te bestry, insluitend geslagsgebasseerdegeweld.”

Hiermee wens NFM Nuus, die Minister en sy vrou, ‘n spoedige en vollegide herstel toe.

Foto: Verskaf
Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *