Nama-Khoi COVID-19 totaal styg met èèn nuwe geval
Foto: Verskaf

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand, die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize het een nuwe geval van die virus, in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.

Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op 503 te staan, terwyl 331 pasiënte van die virus herstel het.

“Die Nama-Khoi regsgebied het huidiglik 167 aktiewe gevalle van die virus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat nog 20 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer op 22 771 te staan, terwyl die provinsiale dodetal 301 bereik het.

Tot dusver het 18 742 persone die koronavirus geklop, wat die provinsie laat met 3 726 persone wat COVID-19 onder lede het.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die COVID-19 infeksiesyfer het oornag met 1 987 nuwe gevalle meer geword in Suid-Afrika.

Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 755 256 te staan en die dodetal op 20 433.

Tot dusver het 696 820 Suid-Afrikaners alreeds van die virus herstel.

Dagboek, Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES