Namakwaland digter sê totsien
Foto verskaf: Jolene Cynthia Carroll as 'n jongmeisie

Opgewonde en ‘n luidkeelse “Goeiedag Namakwaland” het Radio NFM-luisteraars gereeld gehoor wanneer Jolene Carroll die ateljee betree het.

Carroll, ’n Namakwalandse digter, veral bekend in die Okiep-gemeenskap het verlede week op 13 Desember verewig totsiens gesê toe sy in die Dr. Izak van Niekerk hospitaal op Springbok, op 54-jarige ouderdom tot sterwe gekom het.

Jolene Cynthia Carroll was ’n ywerige skrywer en digter wat gereeld oor Radio NFM se klankgolwe gesweef het.

Jolene was altyd opgewonde oor nuwe gedigte, veral wanneer sy ’n spesiale geleentheid vasgevang het in haar skrywes.

Radio NFM Nuus het saam met Jolene se tannie, Elizabeth Rhode gesels oor haar voorliefde vir digkuns.

“Op skool was Jolene ’n skrander leerling en het haar skoolloopbaan afgesluit waar sy in verskeie vakke onderskeidings ontvang het,” het Rhode gesê.

Jolene was vir ongeveer 14 maande by die Huis Immanuel sentrum vir persone met gestremdhede waar sy altyd aan die voortou was om vir haar huismaats ’n liedjie te sing.

“Sy sal onthou word vir haar vriendelikheid en dat sy seker gemaak het dat elke Kersfees ’n groepie minderbevoorregte mense ‘n kers-ete ontvang het.”

Sy word beskryf as iemand wat nederige was wat altyd ’n medemens gehelp het.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!