Nehawu-staking ontneem NK-inwoners van hul reg tot gesondheidsorg
Foto: Verskaf

Die LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwene, het in ‘n verklaring gesê dat hy is geskok is oor Nehawu se optrede, en het verder ‘n beroep gedoen op gesondheidswerkers, om verpleegpersoneel en pasiënte toegang tot klinieke te gee.

Die direkteur van gesondheid in die ZF Mgcawu-distrik, Samuel Nxazonke, het gesê drie klinieke is sedert Dinsdag deur die vakbond, Nehawu se staking geraak.

Dit volg na gesprekke tussen die vakbond en die departement, sowel as georganiseerde arbeid rakende die vakbond se eise – insluitend die permanente aanstelling van gemeenskapsgesondheidswerkers by die departement.

Nxazonke sê sy departement monitor tans die situasie en hoop dat vakbondlede gehoor sal gee aan die LUR se beroep, om nie dienste verder te ontwrig nie.

Dit kom nadat hierdie staking verlede week Woensdag alreeds begin het.

Lekwene sê onderhandelinge word beplan, en hy voeg by dat dit ‘n jammerte is dat die stakende lede so selfsugtig is.

Die LUR is van mening dat hulle verskeie gesondheidsorg-geriewe in die provinsie ontwrig word deur die staking en mense van hulle reg tot basiese gesondheidsorg ontneem.

“Nehawu het vroeër aangekondig en die departement skriftelik in kennis gestel, dat sy lede voort sal gaan met hul sloerstaking totdat die departement voldoen aan hulle eise.”

‘n Woordvoerder vir die departement van gesondheid, Lebogang Majaha, het nie op navrae, oor presies watter geriewe regoor die provinsie geraak word, gereageer nie.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES