NFM maak geskiedenis op haar 17de verjaarsdag
Foto: Verskaf Radio nfm98.1 lisensie toegestaan deur Icasa

Met die feesgety aan die kom en verjaarsdagballonne in die lug, is die NFM-familie tesame met haar luisteraars, steeds in hul noppies om vandag hul 17de bestaansjaar te vier.

“Radio NFM 98.1 het op dieselfde dag geskiedenis gemaak toe hulle die “groenlig” kry, om nog vir vyf jaar hul gemeenskappe te dien.”

Die Independent Communications Authority in Suid Afrika (ICASA) het vandag Radio NFM 98.1 se uitsaailisensie, vir ‘n volgende vyf jaar hernu.

Diè radio fenomena, het hul lisensie ontvang vir die verskaffing van ‘n gemeenskaplike klankuitsaaidiens en om as Radio NFM bekend te staan.

Die stasiebestuurder by Radio NFM, Brunhild Strauss het aan sy kollegas tydens die verjaarsdagvieringe die amptelike dokument ter tafel gelê.

Hy het vertel dat dit ‘n moeilike en harde taak was om uit te voer.

Hy sê verder dat die personeel en die luisteraars eintlik die bene is wat NFM staande hou.

Die waarnemende bestuurder van uitsaaidienste by ICASA, Bongiwe Shabane het die lisensiedokument onderteken.

In die amptelike dokument, het Shabane bevestig dat NFM dienste sal lewer in haar gemeenskap en omliggende areas en regsgebiede.

Here’s to FIVE more years in the industry!

Nuus

One thought on “NFM maak geskiedenis op haar 17de verjaarsdag

  1. Baie geluk met jul 17de bestaansjaar radio Nfm… Die Stem van die Namakwa Mense. Die lojaliteit, getrouheid en sin vir humor v elke omroeper maak dit waarlik waar verfrissend om elke oggend jou radio aan te skakel en te luister na die klankgolwe v Radio Nfm.
    Alhoewel n mens mos noumaar jou gunsteling omroeper het, gaan ek niemand uitsonder nie, want elke omroeper bring sy of haar eie uniekheid na hul program. So, Baie Baie Dankie ook julle… Julle is pragtig.
    Bou so voort op jul merkwaardige prestasie en mag julle van Krag tot Krag uitstyg….
    Halala Halala Radio Nfm… Die Stem van die Namakwa Mense… HALALA

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES