Borg NFM Ontbyt
NFM Nuus staan in solidariteit met slagoffers van GBV
Foto: Verskaf Niruscha van Neel, Bernadine Hearn, Renè Cloete, Marsilino MacDonald

Die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme – veldtog, vir geen geweld teen vroue en kinders, word vanaf vandag oral in die land herdenk.

Die veldtog word jaarliks herdenk tot 10 Desember, wanneer die land ook hulde bring aan persone wat saamleef met ‘n gestremdheid.

Die wêreld gaan op 03 Desember vanjaar, Internasionale dag vir persone met gestremdhede herdenk.

Die 16 dae van aktivisme – veldtog daag Suid-Afrikaners uit om geweld teen weerloses (vrouens, kinders en gestremde persone) in ons gemeenskappe te help staak.

NFM Nuus staan saam in solidariteit met die 16 dae van geen geweld teen vroue en kinders en persone wat saamleef met ‘n gestremdheid.

Die 16 dae lange veldtog kan nie regtig die euwel oplos nie, maar gemeenskappe kan nie langer hul koppe in die sand druk, en maak asof hierdie aaklige kwessies nie in ons gemeenskappe plaasvind nie.

Die jongste misdaadstatistieke het aan die lig gebring dat verkragtingsake in klein gemeenskappe sterk toeneem.

Vroue en kinders word onmenslik aangerand, en sake van kinderverwaarlosing word elke dag aangemeld.

Dit alleenlik is meer as genoeg rede tot kommer, en vir almal om betrokke te raak, by watter program ook al nodig is, om hierdie geweld en onreg hok te slaan.

“Vandag dra NFM Nuus nie net swart in solidariteit van die 16 dae van aktivisme program nie, maar ook in herinnering aan COVID-19 pasïente, wat gesterf het weens die virus.”

President Cyril Ramaphosa het ‘n 5-dae lange routydperk aangekondig tot en met 29 November, vir persone wat die stryd teen COVID-19 verloor het.

Hierdie is ‘n internasionale veldtog wat ontstaan het by die eerste Women’s Global Leadership Institute, wat tydens 1991 deur die Centre for Women’s Global Leadership geborg is.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *