NFM tel COVID-19 stigmatiseringsvoorvalle in gemeenskappe op
Illustrasiefoto: Verskaf

Die verwoestende COVID-19 pandemie het sosiale stigma- en diskriminerende gedrag teenoor mense van verskeie etniese agtergronde uitgelok, asook enigiemand wat met ‘n positief bevestigde geval in aanraking gekom het.

Baie gemeenskapsleiers het met die aanvang van die pandemie, gemeenskappe gemaan om saam te staan en mekaar te ondersteun.

Nou het dit onder NFM Nuus se aandag gekom dat daar steeds stigmatisering onder gemeenskapslede plaasvind, wanneer iemand positief getoets het vir die koronavirus.

Mense het daarvan ‘n slegte gewoonte gemaak om selfs persone met griep-simptome onder ‘n COVID-kam te skeer.

Dit kom nadat ‘n plaaslike omroeper, Marsilino Mac-Donald, verlede week griep-simptome ervaar het en deurgeloop het onder stigmatisering.

Hierdie griep-simptome het geblyk dat hy die virus onder lede het, maar sy toetsuitslae het negatief teruggekom.

Die omroeper was steeds gestigmatiseer en teenoor gediskrimineer, terwyl hy net gewone griep gehad het.

Mac-Donald het aan NFM Nuus vertel dat stigmatisering vrees en kommer kan uitlok, wat ongesond is vir die mens se welstand.

“COVID-19 is nie meer so nuut onder ons mense nie, sommige inwoners toets tot op twee keer positief, en klop steeds die infeksie. Daar is hoop en mense moenie vrees vir die virus nie.”

Sosiale stigma is die afkeuring van, of diskriminasie teenoor ‘n persoon, wat gebasseer is op waarnemings.

Hierdie soorte diskrimineering kan mense soms ongemaklik en onwaardig laat voel, en dit kan selfs hul selfbeeld afbreek.

Radio NFM 98.1 doen weereens ‘n beroep op gemennskappe en volgers, om nie teenoor mense, met of sonder COVID-19 te stigmatiseer en diskrimineer nie.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES