NIEMAS verteenwoordig plaaslike diamant-delwers
Foto: Verskaf

Die voorsitter van die Namakwalandse Inheemse Engergie Minerale-, Agri en Seehulpbronne (NIEMAS) Nicolaas Jano en twee publieke verteenwoordigers, óók deel van NIEMAS, Kathleen Cockrell en Katy Ventura, het Maandagaand met NFM gesels tydens ‘n amptelike onderhoud.

Hulle het plaaslike diamant-delwers kom verteenwoordig en die kwessie van onwettinge delwery kom bespreek, asook hoe hulle delwers wil help om wetting te kan delf.

NIEMAS is tans in sy tweede bestaansjaar en het ontstaan na ‘n skietvoorval in die Richtersveld-regsgebied, toe hulle ‘n optog van +-400 mense gelei het, na die diamant myn.

NIEMAS het die delwers gehelp om hul pleidooie en griewe onder die aandag te bring van die LOR Diamant-myn.

“Hulle wil graag onwettige delwers help om permitte te bekom en wetting te myn.”

Vantura en Cockrell het bygevoeg dat NIEMAS nou ‘n instrument is vir die gemeenskap.

“NIEMAS kom met die nodige informasie en kennis om ontwetting delwery te wettig”, het die verteenwwordigers op die klankgolwe verklap.

Hulle moedig mense aan om aansoek te doen om lidmaatskap te kry van NIEMAS.

Hulle groot poging is om saam met Namakwalandse-gemeenskappe te werk, in Namakwaland, vir Namakwaland.

Meer informasie oor NIEMAS is beskikbaar op hul Facebook-blad.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES