NK Premier vier Globale Etiekdag

Die premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, het gister sy hoofrede gelewer tydens ‘n webinar, wat Globale Etiekdag herdenk het.

Globale Etiekdag word elke jaar op 21 Oktober herdenk, deur verskillende beroepe regoor die wêreld, om die belangrikheid van etiek en integriteit te beklemtoon.

Die webinar, wat deur die Vereniging van Geoktrooieerde Rekenmeesters byeengeroep is, het die belangrikheid van etiek in alle vakgebiede beklemtoon.

Tydens sy toespraak, het Saul gesê dat dit ‘n belangrike onderwerp is, want die nakoming van etiese gedrag, wat volgens hom onder andere die kernwaardes van ‘n beroep is, is noodsaaklik vir die eerbiediging van die eer en voorreg wat die beroep inhou.

Die premier het ook verskillende skandale aangeraak wat as gevolg van etiese mislukkings plaasgevind het.

“Etiese mislukkings deur instellings of beroepe het ingrypende gevolge.

Dit kan maklik van skandale, in wêreldwye krisisse ontaard.”

Dit klink vanselfsprekend om te sê dat rekenmeesters op etiese wyse moet optree, verduidelik Saul.

Saul het met betrekking tot rekenmeesters gesê dat hy van mening is, dat etiese kodes noodsaaklike beginsels is waaraan hierdie professionele persone moet voldoen.

“Dit is om die statuur en status van hul beroep te verbeter.”

Hy het verduidelik dat dit die vertroue van die publiek, in die werk wat hulle doen “met eerlikheid, billikheid, onafhanklikheid en professionele integriteit” kan handhaaf.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES