Noord-Kaap skole gerat vir 2021 akademiese jaar
Illustrasie Foto: Element5 Digital op Unsplash

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het in ‘n amptelike verklaring bevestig, dat voorbereidings vir die 2021 akademiese jaar alreeds aan die gang is.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey van der Merwe, het gesê dat die dpeartement nou aan die plasings van leerders in skole werk.

Die departement doen dit in ‘n poging om vertragings in Januarie 2021 te vermy.

Hy sê hulle is bly dat honderde ouers en voogde die aanlyn skooltoepassingsplatform gebruik het en dat hulle binnekort ‘n SMS van die departement kan verwag om toelating te bevestig.

Van der Merwe doen verder ‘n beroep op ouers om te verseker dat hul kinders vooraf handboeke aan skole terugbesorg sodra hulle eindeksamen klaar geskryf het.

Hy sê dit is om die departement vooraf ‘n kans te gee om leer- en onderrigmateriaal weer aan minderbevoorregte skole toe te wys.

“Skoolhoofde van verkeie skole word gemaan vir ‘n 100% inhandiging van handboeke.”

Die departement maak dus staat op ‘n effektiewe handboekherwinningstelsel, by alle skole in die provinsie.

Hy sê ook dat die plasing van leerders in skole en die toekenning van leermateriaal aan verskeie skole, nou voor die aanvang van Januarie 2021 sal plaasvind.

Dagboek, Nuus, Vermaak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES