NUUSFLITS: GALLERY: Noodhulpwerkers byna dood weens “gebrekkige voertuie”
Die ambulans waarmee die twee nooddienstewerkers gereis het ten tye van die ongeluk. Fotos: Verskaf.

Twee nooddienstepersoneellede het die dood vrygespring op Woensdag-oggend toe die ambulans waarmee hulle gery het, gerol het.

Die twee het minder-ernstige beserings opgedoen.

Stemboodskappe wat gesirkuleer word, meen dat die voertuie waarmee pasiënte vervoer word en waarmee personeel operasioneel moet wees, aan die nodige standaarde ontbreek.

Na bewering het die betrokke ambulans klaarblyklik ’n probleem met die stuurmeganisme gehad.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se kiesafdelingshoof van die Kamiesberg, Veronica van Dyk wat ’n plasing oor die aangeleentheid gedoen het, sê sy is warm onder die kraag oor hierdie voorval.

Van Dyk het laat hoor dat sy haar reeds in 2019 uitgespreek het oor die toestande waaronder nooddienstepersoneel moet werk.

“Hierdie mense verskaf noodhulp aan die publiek en moet as gevolg van gebrekkige radiosisteme hul persoonlike selfone gebruik vir kommunikasie, terwyl daar nie oral sein is nie,” het van Dyk gesê.

Sy daar is ook ’n groot tekort aan personeel om skofte te vul, sodat twee persone aan diens kan wees soos deur die wetgewing vereis word.

“Daar is ook ’n tekort aan voertuie, maar laasjaar is ook bevind dat alle ambulanse nie deur die jaarlikse veiligheids- en padvaardigheidstoetse gesit is nie.”

Van Dyk sê sommige voertuie se lisensies is nie hernu nie.

“Die gesondheidsbedryf in Noord-Kaap faal ons gemeenskappe en ook ons nooddienswerkers.”

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!