NUUSFLITS: Tiener verdrink op Port Nolloth
Die seereddingswerkers en lede van die publiek op die Port Nolloth strand opsoek na Charll Adonis. Foto: Facebook.

‘n 17-Jarige tiener, Charll Adonis van Port Nolloth in die Richtersveld, het gistermiddag verdrink terwyl hy saam met sy vriende in die see geswem het, het die polisie Woensdagoggend bevestig.

Konstabel Renique De Wee, ‘n woordvoerder vir die polisie, het gesê die seereddingseenheid van die polisie het laatmiddag die oproep ontvang.

De Wee het gesê ‘n soektog is gisteraand onmiddellik van stapel gestuur en later in die nag gestaak.

De Wee het gesê die soektog duur vanoggend voort.

 

Nuus

One thought on “NUUSFLITS: Tiener verdrink op Port Nolloth

  1. This is so terribly sad and traffic , prayers go out to his family in this awful painful situation !! May God bless you with healing and recovery !!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!