NUUSFLITS: VIDEO: Faber bedank as Nama-Khoi burgemeester
Lorenzo Faber het vandag sy laaste raadsitting bygewoon as burgemeestger van Nama-Khoi. Fotos: Jason Milford

Die burgemeester van die Nama-Khoi munisipaliteit, Lorenzo Faber het vandag tydens sy laaste raadsitting sy bedanking ingedien.

Faber het egter niks laat blyk wat na sy bedanking gelei het nie, maar dit was duidelik dat plaaslike lede van die ANC party ongelukkig is oor sy bedanking.

Die ANC lede ter sprake, wie se name nie genoem kan word weens veiligheidsredes, is warm onder die kraag en sê dat politieke “afguns” na Faber se bedanking gelei het.

Die ANC se provinsiale sekretaris, Deshi Ngxanga se besoek verlede week aan die Namakwa distrik, kan egter nou gekoppel word aan die toedrag van sake.

Ngxanga het aan Radio NFM bevestig dat Faber deur die party herroep is om behuisingsnood in die Namakwa distrik aan te spreek.

“Die party het Faber herontplooi na die departement van samewerkende regering (Coghsta) om te help met behuising,” het Ngxanga gesê.

Hy sê die ANC is verheug oor sy besluit met Faber se herontplooiing. “Hy [Faber] het nie in die party se pad gestaan om verskuif te word nie. Ons is gelukkig oor ons besluit, want ons vertrou sy vermoë om ‘n verskil te maak.”

Ngxanga het gesê Faber sal binnekort sy posisie as adjunk-direkteur by Coghsta inneem.

Een van die raadslede, Wouter Jordaan het gesê Faber was ‘n groot aanwins vir die munisipaliteit.

Intussen is Mona Isaacs van die Khoisan Revolusie glo ook deur haar party vanuit haar posisie as Speaker van die Nama-Khoi raad onthef. Gillian Pieters is aangewys as die interim Speaker.

Gillian Pieters is die interim speaker vir die Nama-Khoi raad.
Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES