Nuwe plantspesie in die Noord-Kaap ontdek
Foto: Pieter van Wyk - Facebook

‘n Nuwe plantsoort is in die Noord-Kaapse Richtersveld Nasionale Park ontdek.

Pieter van Wyk, ‘n kurator van die Richtersveld-woestyn Botaniese Tuine, het die genus ontdek.

Van Wyk het aan ‘n media-huis verklap dat dit deel is van die genus Othonna-spesies, wat endemies is aan Suider-Afrika.

Die spesie behoort ook aan die sonneblomfamilie, Asteraceae.

“Die nuwe plant kan maklik onderskei word deur straalblommetjies en baie sappige blare.”

Van Wyk sê hy het die afgelope 18-jaar ‘n foto-herbarium opgebou van die Richtersveld flora, met meer as 25 000 foto’s, asook meer as 4 000 voorbeelde van gedroogte ontdekte plante vir SANParke en SANBI herbariums.

Vir meer inligting hieroor en inligting oor nuwe ontdekkings, besoek SANPArks-/Ai/Ais Richtersveld Transfrontier National Park op Facebook.

Dagboek, Reis en toerisme

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES