Okiep-man toets twee keer positief vir COVID-19
Foto: Verskaf Nico-Thorne Julie

Geen mens sou dink, dat iemand wat reeds van COVID-19 genees is, weer die virus sou opdoen nie.

Dit het gebeur met Nico-Thorne Julies, woonagtig op Okiep, nadat hy vir ‘n tweede keer, positief getoets was vir COVID-19.

Julies was vir die eerste keer positief getoets op 20 Julie 2020.

Hy is nie seker hoe dit gebeur het nie, maar wat hy wel weet is dat hy op 12 Julie grieperig gevoel het en homself met Medlemon en “Jantjie-Berend” (bossie-medisyne) gedokter het.

Op 13 Julie het hy sy werkgewer geskakel, om hulle in kennis te stel dat hy nie gesond voel nie.

Die dag daarna het hy beter gevoel en gaan aanmeld vir diens.

Sy koors was ongelukkig 37.4 grade Celsius en hy was huis toe gestuur.

Hy het in self-isolasie gegaan en was getoets vir COVID-19, op 15 Julie.

Hy was vreesbevange, en het heeltyd gewonder, waar hy die virus kon opdoen.

Wat deur sy gedagtes gegaan het, was dat hy almal moet inlig met wie hy in kontak was.

Nadat hy hulle ingelig het, was hulle bang en bekommerd.

Almal met wie hy in kontak was, het hom normaal hanteer en hom bemoedig.

Hulle het wel baie vrae gehad, want hy self nie kon beantwoord nie, want hy was nog in skok.

Skaars drie maande daarna, het hy wèèr positief getoets vir COVID-19.

Hy het weer grieperig begin voel en hy vertel dat dit glad nie gevoel het soos die eerste keer nie.

Hy het geen hoofpyn soos die vorige keer gehad nie en het toe besluit om weer vir ‘n toets te gaan.

Hy  het ‘n afspraak by Okiep Kliniek gekry op 12 Oktober vir 13:00, waarvan hy sy uitslag twee dae daarna gekry het.

Met die tweede uitslag was hy geskok, maar dit was nie so erg nie, want hy het geweet wat om te verwag en wat om te doen.

Julies het geweet dat die Here hom hierdeur sal dra.

Hy voeg by deur te sê dat jy nie werklik kan sê waar jy die virus opgedoen het, omdat dit onsigbaar is.

Julies wil net die lesers bemoedig om nie bang te wees nie, maar om gedurig die hulp van die Here te vra.

“Los die koronavirus by die voete van die Here en vertrou op Hom volkome.”

“Drink die vitamines, stoom gereeld en vertrou op die Here.”

Vandag is Julies se laaste dag in isolasie en hy het aan NFM Nuus bevestig dat hy hopenlik op Vrydag, 22 Oktober mag terugkeer werk toe.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES