Okiep manne waarsku jong molesmakers op die dorp
Illustrasie foto: Matthew Ansley on Unsplash

Volwasse mans op Okiep het gewaarsku dat kwaaddoeners, bestaande uit jong seuns wat vermoedelik nog op laerskool kan wees, hul rieme styf sal loop.

Dit kom nadat verskeie klagtes reeds by die polisiëringsforum se voorsitter, Dennis Coetzee aangemeld is dat die seuns mense op die dorp teister.

Die groepie seuns teiken glo alleenlopers en sluip by huise in waar daar slegs bejaardes of net vroue woonagtig is.

Die mans het aan Radio NFM Nuus gesê dat hulle wet in eie hande sal neem om die jong kwaaddoeners te dissiplineer.

Coetzee, wat al vir etlike jare homself beywer met maatskaplike ontwikkeling in die gemeenskap, het gesê dit is nie so eenvoudig nie.

“Daar is baie min wat ‘n mens kan doen tensy die persone wat deur die regering aangestel is, nie ingryp nie.”

Coetzee sê sy vrees is dat die jong seuns waaghalsig kan word wat hulle in ‘n ernstige met die wet kan plaas.

“Indien dit die geval is, sal hulle voor die hof moet verskryn en in ‘n plek van veilige bewaring geplaas word.”

Coetzee waarsku ook dat dit meer ernstige nagevolge kan hê vir wanneer wanneer die seuns ‘n strafbare ouderdom bereik.

“Indien ‘n kind in veilige bewaring geplaas word, of as ‘n volwassene deur ‘n hof ‘n vonnis opgelê word, bly dit op hul rekord. Dit is ‘n resep vir ‘n baie moeilike toekoms.”

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!