Oom Jimmy Newman deel van Living Legends Legacy Program
Foto: Verskaf

Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa het die Living Legends Legacy program in 2015 van stapel gestuur, en hul eerste stap was om ‘n tussentydse bestuurskomitee op die been te bring.

Die Living Legends Legacy program is vir kunstenaars, 70-jaar en ouer, wat ‘n geweldige bydrae gelewer het tot die land en wêreld, deur hul kuns.

Baie van hierdie legendes het aan verskeie anti-apartheidsaktiwiteite regoor die wêreld deelgeneem, om die stryd te verkondig deur verskillende genres van kuns.

‘n Verkiesing van eweknieё sal op ‘n komitee dien, aangesien die legendes hul eie organisasies beheer.

Meesterklasse, deelname aan inkubatorprogramme, lesings om by te dra tot kunstenaars in skole en koshuisprogramme, is ander aspekte wat die Living Legends Legacy program insluit.

Boeke en dokumentêre moet as deel van die program geproduseer word, omdat die departement van sport, kuns en kultuur ook gefokus is op die dokumentasie van die lewens en werke van die legendes.

Meneer James Newman van Concordia, is vir hierdie raad van die Living Legends Legacy program genomineer en aanvaar.

Newman sal Donderdag  amptelik verwelkom word in sy rol op die direksie, deur die Nasionale Minister van Sport, Kuns en Kultuur.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES