Operasie Phakisa lewer uitstekende resultate
Lede van Operasie Phakisa op Port Nolloth. Fotos: Verskaf

Die Noord-Kaap se veiligheidsoperasie genaam Operasie Phakisa het wéér onlangs uitstekende resultate gelewer toe menigte persone vir verskeie misdrywes geboei was.

’n Provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba sê dat die fokusareas van Operasie Phakisa is om onwettige aktiwiteite in verband met mariene-oortredings en onwettige sandmynbou aan te spreek.

In 2018 is die belangrikheid uitgelig rondom oseane en die gebrek van groei van die ekonomie wat armoede en werkloosheid teweeg bring.

Ramatseba sê om hierdie fokusareas aan te spreek, is Phakisa onlangs uitgevoer in die kusgebiede van Port Nolloth, Alexanderbaai, Hondeklipbaai en Groenriver.

Die operasie het op Donderdag, 12 Desember begin en op Maandag, 16 Desember afgesluit.

’n Geïntegreerde multidissiplinêre benadering is gevolg en verskillende eksterne rolspelers het aan die operasies deelgeneem.

Die rolspelers sluit in: Port Nolloth polisie, Upington watervleuel, Upington grenspolisie, Kimberley lugvleuel, die provinsiale sowel as Namakwa-misdaadintelligensie- eenhede, provinsiale korporatiewe kommunikasie, Namakwa polisiegroep, ondersoekeenheid vir voertuigmisdaad, departement omgewing en natuurbewaring, SARS-doeane, departement binnelandse sake: Immigrasie, SanParke en die departement van omgewing, bosbou en visserye.

Operasie Phakisa-aktiwiteite het onder meer ingesluit; deursoekings, misdaadvoorkoming, nakomingsinspeksies, besoeke aan die plaaslike hawe, lanseringspaaie en glypaaie, inspeksie van vissersbote en onwettige sandmynbou.

Inspeksies is uitgevoer by verskeie drankwinkels, besighede en myngebiede, sowel as seepatrollies langs die kuslyn van Port Nolloth en Alexanderbaai.

Die volgende arrestasies, beslagleggings en boetes is gedurende die operasie opgelewer:

* Vyf manlike buitelanders is in aanhouding sonder identiteitsdokumente

* Twee J534-boetes is uitgereik vir die besit van West Coast Rock Lobster

* Twee bestuurders vas sonder lisensies

* Drie persone wat onwettig gejag het in ’n private gebied

* Ondersoek is ingestel na onwettige mynbou in die Kleinsee-omgewing

* Een J534-boete is uitgereik nadat die daaglikse perke vir visvang oorskry is

* Een J435-boete is uitgereik nadat ’n voertuig sonder ’n permit in ’n kussone bestuur was

* Twee J534-boetes ter waarde van R10 000 is uitgereik vir die besit van ’n oormaat kreefsterte

Ramatseba sê dat minder misdrywes gedurende hierdie periode aangemeld is as gevolg van die hoë sigbaarheid en die verskerpte polisiëring.

“Gedurende die feestydperk is polisie-sigbaarheid krities, veral met die toestroming van besoekers en toeriste na kusgebiede soos Port Nolloth.”

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!