Borg NFM Ontbyt
OPVOLG: Gamsberg-myn soek onverpoosd na vasgekeerde mynwerker
Foto: https://www.vedanta-zincinternational.com/

Die Gamsberg-myn tussen Aggeneys en Pofadder se soek- en reddingspanne, stryd voort met die soeke na ‘n mynwerker, wat sedert verlede week in die myn vasgekeer is.

Dit kom nadat ‘n tragiese en skielike grondstorting, groot kommer en pyn in Aggeneys en omliggende dorpe gesaai het.

Die sinkmyn word besit deur die Vedanta Zinc Internasionale Groep (VZI), en hul woordvoerder, Christo Witbooi, het bevestig dat gespesialiseerde toerusting, waaronder hommeltuie en elektromagnetiese toerusting, asook ‘n reddingspan van Kumba Iron Ore se Sishen-myn – is by die soek- en reddingspoging gevoeg om die mynwerker op te spoor.

Gamsberg se mynbedrywighede is sedert vroeg verlede week gestaak, nadat tien werkers aanvanlik weens die grondstorting vasgekeer was.

NFM Nuus het voorheen berig dat agt werkers op dieselfde dag tot veiligheid gebring is.

Die liggaam van ‘n ander mynwerker is intussen gevind.

“Die mynbestuur sê hulle soek 24/7 en sal alles in hul vermoë doen, om die laaste mynwerker op te spoor.”

Die soeke na die laaste, vasgekeerde mynwerker, duur steeds voort.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *