OPVOLG: Polisieduikers vind tiener se liggaam in see op Port Nolloth
Charl Adonis se liggaam is Donderdag-oggend in die see op Port Nolloth gevind. Foto: Facebook.

Die Port Nolloth gemeenskap is in rou gedompel nadat ‘n 17-jarige tiener op die dorp verdrink het.

Charl Adonis het Dinsdag-middag saam met ’n groep vriende in die see gaan swem toe hy in die water verdwyn het.

’n Woordvoerder vir die Port Nolloth polisie, Konstabel Renique De Wee het gesê reddingspogings was onmiddelik geaktiveer om na Adonis te soek.

De Wee het Donderdag-oggend bevestig dat polisieduikers van die soek-en-reddingseenheid van Upington sy liggaam omstreeks 08:00 die oggend gevind het.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!