Plaaslike onnie Namakwaland se heldin
Juffrou Margaret Cloete van Hoërskool SA van Wyk. Foto: NFM Nuus

Die weldoene van ‘n onderwyser op Hoërskool SA van Wyk op Bergsig het in die kollig gekom nadat dié skool ‘n slaagsyfer van 80,6% behaal het.

Maar, na wat verneem word, is die onderwyser, Margaret Cloete glo in die sop by die departement van onderwys se streekskantoor op Springbok nadat sy ‘n onderhoud aan ‘n plaaslike radio stasie toegestaan het.

Die nuusspan by Radio NFM het Cloete as ’n gas op die program, Aktuele Sake gehad waar sy gepraat het oor haar deursettingsvermoë om ’n leer-platform vir matrikulante te skep gedurende die eksamentye.

Dié skool het die afgelope paar jare ’n lae slaagsyfer getoon en Cloete het gedurende haar onderhoud gesê dat SA van Wyk eens ’n toppresterende skool was.

Cloete het op die koshuis by die skool gedurende vakansietye nes geskrop waar sy ’n saal met die matrikulante gedeel het en hulle bedags die boeke nageslaan het.

Háár toewyding het gesorg dat dié skool weer na etlike jare ’n slaagsyfer van 80,6% behaal het.

’n Provinsiale woordvoerder vir die departement van onderwys, Geoffrey van der Merwe het gesê die departement verheug oor die wyse waarop onderwysers die ekstra myl stap om die graad 12-leerders tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te help.

Van der Merwe het veral verwys na Margaret Cloete van die Hoërskool SA van Wyk in die Namakwa-distrik.

Hy noem dat Cloete het dit egter nodig geag om tydens die eksamen ’n bevorderlike omgewing vir studie te skep, aangesien die situasie tuis vir baie leerders ongewens was.

“Sy het dit op haar eie onderneem om in die daaglikse behoeftes van leerders te voorsien, terwyl hulle gedurende die eksamen in klaskamers geakkommodeer word.”

Van der Merwe noem dat hierdie inisiatief ‘n positiewe impak op verlede jaar se matriekuitslae gemaak, aangesien hierdie skool ‘n slaagsyfer van 80,6% in 2019 behaal het en ‘n toename van 21,5% in 2018.

“Ons prys die opofferings en toewyding van hierdie opvoeder vir die toekoms van haar leerders. Dit is wat ons bedoel as ons sê dat onderwys ‘n maatskaplike aangeleentheid is. Dit verg ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak terwyl ons ons leerders voorberei op sukses.”

Van der Merwe het bygevoeg dat daar egter toesien moet word dat goedkeuring distrikskantore verleen word wanneer hierdie inisiatiewe geneem word, en dat dit behoorlik bestuur moet word.

“Die veiligheid en welstand van ons leerders en opvoeders is ons eerste prioriteit en dit bly ons verantwoordelikheid selfs al word hierdie tipe ingryping gedoen.”

Nuus

2 thoughts on “Plaaslike onnie Namakwaland se heldin

  1. Sodat wie die klop op die skouer moet kry….dis n skande dat 1 persoon n hele departement se denkwyse oorskry…ek dink radio NFM moet die ding verder vat.Laat jul luisteraars bepaal of sy verkeerdelik opgetree het ..al die nie.
    Myns insiens is dat daar nie eens suur korrels in die tros is nie..hulle is blatand vrot
    My kennis is dat skaam gevreetjies maak kwaai gevreetjies…ek persoonlik so nie eens genoem het dat sy dit verkeerd gehandel het nie, ek sou my hoed afgehaal het en haar trompop geloop het en gese het DANKIE vir dit wat u doen..liefde groete

    1. Ek stem saam met jou Neville. Hoekom moet iets moois en positief altyd n vuil Streep het. Mev Cloete het daardie ekstra myl saam met die kinders geloop en nou moet sy soos n stout kind onder skoot kom. RERIG???? Mev Cloete, ek is soooo TROTS op jou. Hou so aan om Kinders in hulself te laat glo.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES