Plaaslike talent binnekort op die kassie
Alfred Hinkel, ,Melissa de Vries, John Linde Foto: verskaf

Melissa de Vries, beter bekend as die aanbieder van ‘A walk with Mel’, op die Cape Town tv-kanaal of  die “Free to air channel.”

Die program word vanaf Vrydag 7 Februarie uitgesaai op kanaal 263 op DSTV om 19:30 en word herhaal op Woensdag 11:30.

Sy word genoem Mel jou pel op die verhoog. Mel is woonagtig in die Kaap en wou nog altyd na Namakwaland  gekom het en is ‘n aanbieder, danser en aktrise.

Sy hou van die vermaakliksheidswêreld en het gedink dat dit nie moontlik sal wees om hierdie groot droom te verwesenlik nie.

Die flambojante, energieke, vriendelike en plat op die aarde-mens het saam met Radio Nfm gesels oor haar besoek aan Namakwaland, Okiep.

Die rede vir haar besoek was om onderhoude met die dansers van die plaaslike gewilde Dans Garage te doen vir haar televisie-program.

Die doel van die program is om onderhoude met  plaaslike kunstenaars te voer, sodat “ons mense na hulle kan kyk”- soos wat sy daarna verwys het.

Die program se slagspreuk is; “Sharing journeys and touching lives”.

Vermaaklikheidsterre, plate-jogies, dansers, akteurs, radio-omroepers en direkteurs, is net ‘n paar om te noem, aan wie onderhoude toegestaan word, sodat die gemeenskap hul steun agter hierdie mense kan sit.

Sy vertel smaaklik en interessant oor hoe hulle in Namakwaland opgeeïndig het.

“In Maart vanjaar is dit tyd vir die Nasionale Woordfees- en ons het reeds programme gekry, en daar kom ek toe op Dans garage se naam af wat ‘Krummelpap’ by die fees gaan optree. Ek gedink dis baie ‘cool’,” het Mel gesê.

Mel noem verder dat sy vir Alfred Hinkel,  ‘n epos gestuur het en toe vind sy uit dat hulle aan hierdie kant van die wêreld is.

Mel maak melding van die gasvryheid van die Namakwalanders en dat sy dit geniet het op Okiep en dat sy weer sal kom om die ander plaaslike kunstenaars te verflim vir haar program om aan die res van die wêreld te wys dat Namakwaland het talent.

 

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!