Radio NFM besoek Huis Harmonie op Bergsig
Radio NFM het Huis Harmonie op Bersig besoek. Foto: Niruscha van Neel

Bejaardes van die Huis Harmonie op Bergsig het gewys daar is nog baie murg in die been toe Radio NFM gister middag daar uitgesaai, en musiek gespeel het.

Dit was egter ook om bewusmaking te kweek oor die uitdagings wat bejaardes ervaar.

Twee bejaardes in die tehuis is ‘n ma, Frederika Raman (95) en dogter Ragel Josepf (72).

Elizabeth Basson (85) is bykans blind, maar hou haar steeds besig deur kunstige hoedjies te maak uit plastieksakke.

Katriena Famer maak lappies-komberse en kussings met die hand.

Die jongste inwonner van huis Harmonie is Regan van der Westhuizen (37). Hy is fisies gestremd en kan nie vir homself sorg nie. Regan is ‘n inwonner van die tehuis sedert 16-jarige ouderdom.

Die tehuis se bestuurder, Ronald Rooi vertel dat hy en sy personeel alles in hul vermoeë doen om ‘n veilige, skoon en opgewekte omgewing te skep vir die inwoners.

“Ons as die personeel is vir die inwoners soos ‘n tweede familie,” het Rooi gesê.

 

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!