Rus sag Vader Ovis
Vader Joseph Ovis het Woensdag-oggend op  87-jarige ouderdom by die St. Anna klooster op Matjieskloof tot sterwe gekom. Foto Verskaf

‘n Geliefde priester, Vader Joseph Ovis het Woensdag-oggend op  87-jarige ouderdom by die St. Anna klooster op Matjieskloof tot sterwe gekom, ná ‘n kort siekbed.

Volgens Suster Ann Dorothy, sal Vader Ovis onthou word vir sy goedhartigheid deurdat hy altyd gehelp het waar hy kon, veral in die kerke van Namakwaland.

Vader Ovis het ten tye van sy afsterwe reeds 50 jaar diens in die Rooms Katolieke bediening. Die kerk op Matjieskoof het hierdie 50ste jaar van priesterskap saam met hom in Junie verlede jaar gevier.

“Hy was ‘n baie gelowige man en sal altyd in die harte bly van mense wat hy geraak het,” het Sister Dorothy vertel.

Die erediens van Vader Ovis het vanoggend op Matjieskloof plaasgevind.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!