Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

SASSA: Jongste betaaldatums bekend
Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (SASSA) het vroeër vandeesweek, die jongste betaaldatums vir Oktbober-maand, bekendgemaak.

SASSA sê hy is gereed vir die Oktober-betalingsiklus, waar alle maatskaplike toelaes vanaf volgende week Maandag, 05 Oktober in samewerking met die Suid-Afrikaanse poskantoor, SAPO sal geskied.

  • Toelaes vir bejaardes sal op Maandag, 05 Oktober beskikbaar wees.
  • Ongeskiktheidstoelaes sal op Dinsdag, 06 Oktober beskikbaar wees.
  • Alle ander toelaes, soos kindertoelaes sal op Woensdag, 07 Oktober uitbetaal word.

SASSA sê dat dit nie nodig is om op die eerste dag die kontant te onttrek nie.

“Sodra die geld in die begunstigde se rekening is, sal dit daar bly, totdat dit benodig word.”

Foto: Verskaf

Vir meer inligting kan SASSA se tolvry noommer skakel by 0800 003 077.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES