Ses nuwe COVID-19 gevalle vir Nama-Khoi regsgebied bevestig
Illustrasie Foto: deur Adam Nieścioruk op Unsplash

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize het 10 nuwe gevalle van die virus in die Namakwa-distrik bevestig, met ses nuwe gevalle vir die Nama-Khoi regsgebied.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 502 persone wat positief getoets het vir die virus, terwyl 331 pasiënte van die koronavirus herstel het.

“Dit laat die Nama-Khoi regsgebied met 166 aktiewe gevalle van die virus.”

COVID-19 syfers in Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat daar nog 38 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer tot op 22 751 te staan en die provinsiale dodetal op 301.

Daar het tot dusver 18 739 persone intussen herstel, wat die provinsie laat met 3 600 persone wat COVID-19 onder lede het.

COVID-19 syfers in Suid-Afrika.

Die COVID-19-infeksiesyfer het oornag met 1 245 meer geword in Suid-Afirka.

Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 752 269 te staan en die dodetal op 20 314, nadat nog 73 sterftes aangemeld is.

Tot dusver het 695 496 mense al van die virus herstel.

Dit dui op ‘n nasionale herstelkoers van 92,5%.

Dagboek, Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES