Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Seun (17) in hof vir moord op ouers
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

‘n 17-Jarige seun het gister in die landdroshof op Pampierstad, in die Noord-Kaap verskyn vir die beweerde moord op sy ouers.

Die saak is egter uitgestel tot volgende Maandag, 7 September wanneer die verdagte na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Dimakatso Mooi het gesê die liggame van ‘n egpaar van 67- en 57-jaar is verlede Donderdag, 27 Augustus in die veld ontdek.

Die liggame het baie wonde gehad en die polisie vermoed dat die egpaar daarheen gesleep is met n voertuig, voeg Mooi by.

“Voorlopige ondersoeke het die polisie na die slagoffers se 17-jarige seun gelei, en hy is dieselfde dag in hegtenis geneem.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES