Sewejarige glo deur stiefbroer verkrag
Illustrasie foto: Chen Feng on Unsplash

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe op Carnarvon het ‘n 18-jarige man in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van sy stiefsuster.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het die voorval bevestig.

Ramatseba het gesê die voorval het glo op Saterdag, 01 Februarie omstreeks 14:30 in die namiddag op Vosburg plaasgevind.

“Na bewering het die verdagte sy stiefsuster na ‘n ongebruikte en vervalle huis in Vosburg gelok. Die slagoffer is glo verkrag en was gedreig om niemand daarvan te vertel nie,” het Ramatseba gesê.

Hy sê die jong slagoffer het toe haar ouer suster vertel, wat die  voorval onmiddellik met haar ma gedeel en aan die polisie gerapporteer het.

Ramatseba het gesê die verdagte sal na verwagting vandag voor die Carnarvon-landdroshof verskyn en die polisie sal borgtog teenstaan.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!