Borg NFM Ontbyt
Skoolkinders gemaan om handboeke in te handig
Illustrasiefoto deur Tonny Tran op unsplash

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap, het onlangs in ‘n amptelike verklaring ouers en voogde gemaan, om asseblief toe te sien dat hul kinders alle handboeke na skole terugbesorg.

Die provinsiale onderwysdepartement sê dat dit belangrik is dat leerders ou boeke aan skole teruggee as hulle na hul volgende grade vorder.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey van der Merwe, sê die voorbereiding vir die akademiese jaar 2021 is reeds aan die gang, en dat die herwinning van handboeke deel is van die voorbereidings.

“Die departement beoog om te verseker dat alle leerders in Januarie in skole geplaas word, en dat skole van al die nodige leer- en onderrigmateriaal voorsien word.”

Die departement is ook intussen besig om teksboodskappe aan ouers en voogde uit te stuur, om die plasing van skole na aanlyn-aansoeke te bevestig.

Van der Merwe het gesê dit is om vertragings te voorkom en vorm deel van nuwe maatreëls wat getref word, om te verseker dat geen leerder Januarie 2021 sonder ‘n skool is nie.

Hy het gesê hulle is verheug dat honderde ouers en voogde gebruik gemaak het van die aanlyn-skoolaansoekplatform.

Skoolkinders in die Nama Khoi regsgebied word ook gemaan, om asseblief alle handboeke by hul onderskeie skole te gaan inhandig.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *