Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Spertyd vir aanlyn registrasie om die draai
Illustrasie foto: Feliphe Schiarolli on Unsplash

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op ouers en voogde, wat nog nie leerders vir die 2021 akademiese jaar geregistreer het nie, om dit voor die sperdatum te doen.

Die departement het verlede maand bekendgemaak dat hul nuwe spertyd nou om Vrydag, middernag is.

Die departement het Dinsdag in ‘n verklaring gesê dat hulle alreeds meer as 52 000 aanlyn-aansoeke, vir toelating tot skole regoor die provinsie verwerk het.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey van der Merwe, het gesê dat daar verskillende faktore is, wat bydra tot die uitslag van ‘n aansoek.

Hy het verklaar dat ‘n aansoek nèt as suksesvol beskou kan word, as die woonplek van die aansoeker in dieselfde regsgebied en/of distrik is, en indien die aansoeker of leerder ‘n ouer of voog het wat by die skool werk.

“Die aanvanklike sperdatum vir aanlyn registrasie was 30 September, maar die departement het die tydperk tot 9 Oktober verleng, om ouers en voogde genoeg tyd te gee om leerders te registreer.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES