Taiwanese-regering doen plaaslike skenkings vir persone met gestremdhede
Foto: Verskaf

’n Afvaardiging van die Taiwanese-regering het ‘n ruk gelede die pragtige Namakwaland besoek, om na maniere te kyk oor hoe hulle kan bydra tot die verandering in die omstandighede van Namakwalanders.

Die fokus van die uitreiking was spesifiek gergrond op persone met gestremdhede, met ‘n nypende tekort aan mobiele ondersteuning en/of toerusting; soos opritte, rolstoele en looprame.

‘n Lid van die parlement verbonde aan die Demokratiese Alliansie (DA), Veronica van Dyk, het die span vergesel na die plaaslike “opvoedings-fenomeen” Aitsama-Namaskool op Concordia.

Die span het ook ‘n skenking gedoen aan die S.A Van Wyk – hoërskool op Bergsig.

Die Taiwanese-regering het ook in samewerking getree met die Namakwalandse Organisasie vir Persone met Gestremdhede, onder leiding van Brunhild Strauss, wat óók die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD) verteenwoordig.

“Nadat uitroepe en noodkrete aan die belanghebbendes gerig is, vir hulpmiddels vir persone met gestremdhede, het die span 10 rolstoelle, 10 mobiele toiletstoele en 10 looprame aan begunstigdes geskenk.”

Besendelinge in die Wes-Kaap het die skenkings ontvang en die bestuurder van Petals Express Couriers, het onderneem om die hulpmiddels gratis te vervoer uit Kaapstad tot in Namakwaland.

Hierdie items sal aan plaaslike begunstigdes geskenk word.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES