Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee mans in hegtenis geneem vir die besit van koper
Foto: Verskaf

Die polisie op Kimberley, met behulp van hul honde-eenheid, het gister twee mans tussen die ouderdomme van 25- en 37-jaar oud, in hegtenis geneem.

Die polisie kon die oortreders in Boshoffweg vastrek, nadat hulle in besit was van koper.

Die koper is glo in ‘n trollie rondgestoot in die gebied.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Dikeledi Gopane, het bevestig dat die polisie die twee verdagtes gestop en deursoek het.

“Die polisie het koper in ‘n blou sak ontdek, met ‘n beraamde straatwaarde van R4926,34.”

Die verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van koper en sal binnekort voor die Kimberley-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES