Twee verdagtes vas vir dwelms

Twee verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 36-jaar oud is Donderdag op Riemvasmaak naby Griekwastad in hegtenis geneem vir beweerde smous van dwelms.

‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het gesê die polisie is ingelig deur die publiek oor moontlike onwettige aktiwiteite in die informele nedersetting.

Tawana sê die polisie se vinnige reaksie het gelei op die beslaglegging van dwelms met ‘n straatwaarde wat meer as R30 000 beloop.

Die dwelms wat gekonfiskeer was sluit in 264 volle mandrax tablette, 10 halwe mandrax tablette en 88 sakkies dagga en ook ‘n onbekende bedrag kontant wat moontlik deur die verkoop van dwelms bekom is.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Griekwastad landdroshof verskyn.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!