Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Upington mans in hegtenis vir roof
Foto: Verskaf

UPINGTON – Die polisie op Upington het twee mans in hegtenis geneem vir roof.

Die slagoffer is na bewering van kontant beroof, nadat die verdagtes hom na Upington gelok het om skape te koop.

Die verdagtes het hom later aangeval en hulself voorgedoen as polisiebeamptes.

Die verdagtes het na bewering die verdagte gedreig om hom in hegtenis te neem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat hulle die slagoffer van R200 000 kontant beroof het.

Die verdagtes het met die geld in ‘n silwer BMW en wit ‘n Polo verdwyn.

Gamieldien sê die polisie was op die uitkyk vir die verdagtes.

“Twee voertuie is deur die polisie in die Paballelo-area gevind en gekonfiskeer.”

Drie selfone en ‘n onbekende bedrag kontant is ook gekonfiskeer.

Die twee verdagtes van 35- en 36-jaar oud sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES