Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Verdagte vas vir dwelmhandel
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash.

‘n 43-Jarige Noord-Kaapse verdagte is gister in hegtenis geneem op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die arrestasie was deel van ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie en die Valke.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het bevestig dat die polisie inligting opgevolg, wat hulle gelei het tot by woonstelle in Roodepan, Kimberley.

Volgens Mnisis het inligting gelui dat dwelms op diè perseel verkoop word.

“Na aanleiding van ‘n ondersoek en beslaglegging is 220g Methcathinone (khat), met ‘n beraamde straatwaarde van R44 000, ontdek en gekonfiskeer.”

Daar is ook beslag gelê op drie selfone en ‘n onbekende bedrag geld.

Die verdagte sal binnekort in die hof ve4rskyn.

Die polisie se onderdoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES