VERMIS: Concordia familie opsoek na vermiste dogter
Desiree Shaheeda Laban “Koenoes”. Foto: Verskaf.

Die familie van die 14-Jarige Desiree Shaheeda Laban, ook bekend as ‘Koenoes’ is vroeër as vermis aangemeld toe sy nie by die huis op Concordia opgedaag het nie.

Sy was laas op Bergsig gesien waar sy tuis was by familie in Rainbowstraat.

Sy was laas gesien met ’n rooi kopdoek (pandenna) op haar kop, groen top met donkerblou tights en plakkies.

’n Dringende versoek word op die publiek gedoen om kontak te maak indien enigeen inligting het oor waar sy haar tans bevind.

Die familie kan gekontak word by: 0605461226, – 0783632974 of alternatiewelik kan Sersant Brown by die Springbok polisie gekontak word by: 0721018482.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!